Taalwetenskappe

Taalwetenskap, taalkunde of linguistiek is die wetenskaplike studie van die natuurlike tale. Wanneer geen studie van 'n enkele taal gemaak word nie, maar die verskynsel (natuurlike) taal in die algemeen bestudeer word, praat mens van algemene of universele taalwetenskap.

Na gelang van die invalshoek van die navorser en uiteindelik die onderdeel van die linguistiek, word linguistiek wel tot verskillende takke van die wetenskap gereken, soos kognitiewe wetenskappe, sielkunde, en antropologie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne