Teestruik

Teestruik
Die blare van Camellia sinensis.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
C. sinensis
Binomiale naam
Camellia sinensis
(L.) Kuntze

Die teestruik of Camellia sinensis is ’n spesie immergroen struike of klein bome waarvan die blare en blaarknoppe gebruik word om tee van te maak. Dit is van die blomplant-genus Camellia in die familie Theaceae.

Twee hoof-variëteite word gekweek: Camellia sinensis var. sinensis vir Chinese tee, en Camellia sinensis var. assamica vir Indiese tees.[1] Wit-, geel-, groen-, woeloeng- en swarttee word almal van een van dié variëteite gemaak, maar verskillende prosesse word gebruik om verskillende vlakke van oksidasie te verkry. Dit verskil van kruietee, wat van kruie, speserye of ander plantmateriaal gemaak word.

Teeplukkers in Kenia wat blare van Camellia sinensis oes
  1. ITIS Standard Report Page Camellia Sinensis, besoek op 2009-03-28.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne