Tennis

Piktogram wat Tennis aandui

Tennis is 'n spel wat deur 2 spelers (enkels) of 2 spanne met 2 lede elk (dubbels) gespeel word. Spelers gebruik 'n gesnaarde raket om 'n hol rubberbal wat met vilt oortrek is oor die net na die opponente te slaan.

Die 2007 VSA-ope

Tennis het in Europa ontstaan in die laat-19de eeu. Tennis het eers deur die Engelssprekende wêreld versprei, veral onder dié van hoër klas. Tennis is deesdae 'n Olimpiese sport en word deur alle klasse en alle ouderdomsgroepe dwarsoor die wêreld gespeel.

Behalwe vir die aanneming van die valbylpot (tie-breaker) in die 1970's, het meeste reëls merkwaardig dieselfde gebly sedert die 1890's. Saam met die miljoene spelers, volg miljoene mense ook die spel as toeskouers, veral die vier Grand Slam toernooie: Australiese Ope, Roland Garros, Wimbledon, en die VSA Ope.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne