Toeng-Tieng-meer

Toeng-Tieng-meer

Nasa-Satellietbeeld van die Toeng-Tieng-meer

Die stroomgebied van die Toeng-Tieng-meer.
Koördinate:29°19′N 112°57′O / 29.317°N 112.950°O / 29.317; 112.950
Ligging:Hunan, Volksrepubliek China
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:2 820 km² (1 090 myl²)
vloedseisoen: 20 000 km² (7 700 myl²)
Invloei:Yangtze, Xiang, Zi, Yuan, Lishui
Uitvloei:Yangtze
Eiland/e:Junshan

Die Toeng-Tieng-meer (Chinees: 洞庭湖; pinyin: Dòngtíng Hú; Wade-Giles: Tung4-t'ing2 Hu2; Jyutping: Dung6-ting4 Wu4) is die grootste meer in die Volksrepubliek China en beslaan in die somer, wanneer dit die vloedwater van die Yangtze ontvang, sowat 20 000 km². In die winter is dit net een groot moeras – die boerplek van miljoene swane, wildeganse en wilde-eende. Die meer word stadigaan opgeslik. Die Chinese provinsies Hubei en Hunan is na hul ligging tenoor die meer genoem: Hubei beteken "noord van die meer" en Hunan "suid van die meer".


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne