Topografie

'n Topografiese kaart met kontoerlyne.

Topografie is die studie van die vorm en kenmerke van landoppervlaktes. Die topografie van 'n gebied kan verwys na die oppervlakvorms en kenmerke self, of 'n beskrywing (veral die uitbeelding daarvan op kaarte).

Topografie is 'n veld van aardwetenskap en planetologie en gaan oor plaaslike besonderhede in die algemeen, nie net terreinreliëf nie, maar ook natuurlike en kunsmatige kenmerke, en selfs plaaslike geskiedenis en kultuur. Hierdie betekenis kom minder voor in die Verenigde State, waar topografiese kaarte met hoogte kontoere 'topografie' sinoniem met reliëf gemaak het.

Topografie in 'n noue sin behels die opname van reliëf of terrein, die driedimensionele kwaliteit van die oppervlak, en die identifisering van spesifieke landvorms. Dit staan ook bekend as geomorfometrie. In moderne gebruik behels dit die opwekking van hoogte-data in digitale vorm (in Engels: Digital Elevation Model). Dit word dikwels beskou as die grafiese voorstelling van die landvorm op 'n kaart deur verskillende tegnieke, insluitend kontoerlyne, hipsometriese tintjies en skaduwee-reliëf.[1][2][3]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ref1
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ref2
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ref3

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne