Transgender

Die Transgender Pride-vlag.

Transgender mense is persone met ’n gender-identifikasie wat verskil van die geslag wat by geboorte aan hulle toegewys is.[1][2][3] Hulle word soms transseksueel genoem. Eersgenoemde is ’n sambreelterm wat ook mense insluit wat nie uitsluitlik manlik of vroulik is nie (insluitende bigender, pangender, genderfluid, agender of niebinêr).[2][4][5]

Om transgender te wees het niks te doen met seksuele oriëntasie nie:[6] Transgenders kan heteroseksueel, homoseksueel, biseksueel of selfs aseksueel wees, of weier om hul oriëntasie te eien. Dit is ook iets anders as om interseksueel te wees. Laasgenoemde verwys na mense met fisieke geslagseienskappe wat nie voldoen aan "tipiese idees oor die manlike en vroulike liggaam" nie.[7]

Die teenoorgestelde van transgender is cisgender, iemand wie se gender-identifikasie ooreenstem met sy of haar biologiese geslag.[8]

Die mate waarin mense gemaklik, eg en geloofwaardig voel oor hul eksterne voorkoms en hul ware identiteit aanvaar, word soms "transgenderooreenstemming" genoem.[9] Baie transgenders ondervind genderdisforie en sommige ondergaan mediese prosedures soos hormoonvervangingsterapie, geslagsveranderingsoperasies of psigoterapie.[10] Nie alle transgenders wil egter sulke behandelings ondergaan nie, of hulle kan nie om finansiële of gesondheidsredes.[10][11]

Die meeste transgender mense ondervind diskriminasie by die werk[12] of met openbare akkommodasie[13] en gesondheidsorg.[14] Op baie plekke word hulle nie wetlik teen diskriminasie beskerm nie.[15]

  1. Terry Altilio, Shirley Otis-Green (2011). Oxford Textbook of Palliative Social Work. Oxford University Press. p. 380. ISBN 0199838275. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2016. Besoek op 12 April 2016.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  2. 2,0 2,1 Craig J. Forsyth, Heith Copes (2014). Encyclopedia of Social Deviance. Sage Publications. p. 740. ISBN 1483364690. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2016. Besoek op 12 April 2016.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. Marla Berg-Weger (2016). Social Work and Social Welfare: An Invitation. Routledge. p. 229. ISBN 1317592026. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2016. Besoek op 12 April 2016.
  4. Gay and Lesbian Alliance Against Defamation. "GLAAD Media Reference Guide – Transgender glossary of terms" Geargiveer 30 Mei 2012 op Wayback Machine, "GLAAD", VSA, Mei 2010. Besoek op 2011-02-24.
  5. Bilodeau, Brent (2005). "Beyond the Gender Binary: A Case Study of Two Transgender Students at a Midwestern Research University". Journal of Gay & Lesbian Issues in Education. 3 (1): 29–44. doi:10.1300/J367v03n01_05.
  6. "Sexual orientation, homosexuality and bisexuality". American Psychological Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2013. Besoek op 10 Augustus 2013.
  7. "Free & Equal Campaign Fact Sheet: Intersex" (PDF). United Nations Office of the High Commissioner for Human Rights. 2015. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 28 Maart 2016.
  8. Martin, Katherine. "New words notes June 2015". Oxford English Dictionary. Oxford University Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2015. Besoek op 2 Augustus 2015.
  9. Kozee, H. B.; Tylka, T. L.; Bauerband, L. A. (2012). "Measuring transgender individuals' comfort with gender identity and appearance: Development and validation of the Transgender Congruence Scale". Psychology of Women Quarterly. 36 (2): 179–196. doi:10.1177/0361684312442161.
  10. 10,0 10,1 Victoria Maizes, Integrative Women's Health (2015, ISBN 0190214805), p. 745
  11. "Understanding Transgender People FAQ". National Center for Transgender Equality (in Engels). 1 Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op 20 April 2016.
  12. Lombardi, Emilia L.; Anne Wilchins, Riki; Priesing, Dana; Malouf, Diana (Oktober 2008). "Gender Violence: Transgender Experiences with Violence and Discrimination". Journal of Homosexuality. 42 (1): 89–101. doi:10.1300/J082v42n01_05. PMID 11991568.
  13. Gay and Lesbian Alliance Against Defamation. "Groundbreaking Report Reflects Persistent Discrimination Against Transgender Community" Geargiveer 3 Augustus 2011 op Wayback Machine, GLAAD, VSA, 4 Februarie 2011. Besoek op 2011-02-24.
  14. Bradford, Judith; Reisner, Sari L.; Honnold, Julie A.; Xavier, Jessica (2013). "Experiences of Transgender-Related Discrimination and Implications for Health: Results From the Virginia Transgender Health Initiative Study". American Journal of Public Health. 103 (10): 1820–1829. doi:10.2105/AJPH.2012.300796. PMC 3780721. PMID 23153142.
  15. Whittle, Stephen. "Respect and Equality: Transsexual and Transgender Rights." Routledge-Cavendish, 2002.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne