Triptiek

Die Merode-altaarskildery, waarskynlik uit die werkwinkel van Robert Campin, omstreeks 1427-'32.
Jheronimus Bosch, Tuin van Wellus, 1490-1510. Museo del Prado, Madrid.
Die Aino-mite, geskoei op 'n triptiek deur Akseli Gallen-Kallela in 1891. Ateneum, Helsinki.
'n Moderne fototriptiek.

'n Triptiek (van die Griekse byvoeglike naamwoord τρίπτυχον triptukhon, "drievoudig")[1] is 'n kunswerk (gewoonlik 'n paneelskildery) wat uit drie dele bestaan of drie gekerfde panele wat met skarniere aan mekaar vas is en toegevou kan word. Dit is dus 'n vorm van poliptiek, 'n kunswerk wat uit drie of meer panele bestaan. Die middelste paneel is gewoonlik die grootste en het twee kleiner verwante panele weerskante, hoewel 'n mens triktieke kry met ewe groot panele.

Ondanks die verbintenis met 'n kunsformaat word die term soms algemener gebruik vir enigiets met drie dele, veral as hulle 'n eenheid vorm.[2]

  1. "triptych". Online Etymology Dictionary.
  2. "Triptych". Merriam-Webster Dictionary. Besoek op 28 Januarie 2017. Although triptych originally described a specific type of Roman writing tablet that had three hinged sections, it is not surprising that the idea was generalized first to a type of painting, and then to anything composed of three parts.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne