Uruk-tydperk

Uruk-tydperk
Streek Mesopotamië
Tydperk Kopertydperk
Datums c. 4000-3100 v.C.
Tipeterrein Uruk
Voorafgegaan deur Obeid-tydperk
Opgevolg deur Jemdet Nasr-tydperk

Die Uruk-tydperk (omstreeks 4000-3100 v.C.; ook bekend as die Protogeletterdheidstydperk)[1][2] het van die prehistoriese Eneolitikum geduur tot die vroeë Bronstydperk in die geskiedenis van Mesopotamië. Dit was ná die Obeid-tydperk en voor die Jemdet Nasr-tydperk.[3] Dit is genoem na die Sumeriese stad Uruk en was die begin van die stedelike lewe in Mesopotamië en die Sumeriese beskawing.[4] In die laat Uruk-tydperk (34ste tot 32ste eeu v.C.), wat met die vroeë Bronstydperk ooreenstem, het wigskrif geleidelik ontstaan.

In dié tydperk het die beskildering van erdewerk afgeneem namate koper gewild geword het. Silinderseëls het ook ontstaan.[5]

  1. Byvoorbeeld in Frankfort 1970, waar die eerste hoofstuk oor dié tydperk gaan.
  2. Cuneiform Digital Library Initiative
  3. Crawford 2004, p. 69
  4. Crawford 2004, p. 75
  5. Langer 1972, p. 9

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne