Vorm

'n Vorm is die uiterlike voorkoms van iets. Vorms sluit in driehoeke, vierhoeke, vierkante, reghoeke, pentagone, heksagone en heptagone.

Plat, geslote vorms met drie sye word driehoeke genoem. Driehoeke kan in verskillende groepe groepeer deur die lengtes van hulle sye te vergelyk. Plat vorms wat geslote is met slegs reguit sye en geen lyne wat kruis nie, word poligone genoem. Poligone met vier sye word vierhoeke genoem.

In Wiskunde is vorms dieselfde as die aantal en grootte van hulle sye en hoeke dieselfde is. Dit maak nie saak hoe die vorm gedraai word nie. Ons noem vorms wat dieselfde is identies.

’n Vierhoek is enige geslote viersydige vorm. ʼn Mens kan net een vierkant met elke lyn maak, maar baie verskillende reghoeke met elke lyn. ’n Reghoek is ’n viersydige vorm. Alle hoeke van ’n reghoek is regte hoeke en die teenoorstaande sye is ewe lank. ’n Vierkant is ook ’n viersydige vorm. Alle hoeke van ’n vierkant is ook regte hoeke. Al vier sye van ’n vierkant is ewe lank. Vierkante en reghoeke is almal viersydig. So, vierkante en reghoeke is soorte van vierhoeke.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne