Webjoernaal

Voorbeeld van 'n Webjoernaal.

'n Webjoernaal (ook bekend as 'n blog of weblog), is 'n webwerf wat gereeld – soms meer as een keer per dag – opgedateer word en waarop die inligting in chronologiese volgorde (volgens datum) weergegee word. Besoekers vind ook op die tuisblad die mees onlangse bydraes. Die outeur skep in wese 'n logboek van inligting wat hy wil deel met sy publiek, die besoekers aan sy webjoernaal. Gewoonlik bestaan 'n webjoernaal uit teks, maar kan ook om foto's ('n fotowebjoernaal), video (vlog) of klank (podgooi) gaan. Weblogs bied hul lesers ook gewoonlik die geleentheid om reaksies op artikels te plaas of 'n reaksie via 'n terugspoor- (Engels: trackback) -meganisme agter te laat.

Dit is die persoonlike of juis die gespesialiseerde karakter wat webjoernale toenemend gewild vir besoekers maak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne