Wega-ruimteprogram

Wega-sendingbeskrywing

Die Wega-ruimteprogram was twee sendings na die planeet Venus waarop ook Halley se Komeet in 1986 van nader beskou is. Wega 1 en 2 was onbemande ruimtetuie van die Sowjetunie (wat die tuig en lanseerder verskaf het) in Desember 1984 in samewerking met Oostenryk, Bulgarye, Hongarye, die Duitse Demokratiese Republiek, Pole, Tsjeggo-Slowakye, Frankryk en die Federale Republiek van Duitsland.

Vir die verkenning van Halley se Komeet is ’n laat verandering in die Wenera-ruimteprogram aangebring nadat die VSA se Halley-sending in 1981 gekanselleer is. ’n Latere Wenera-sending is gekanselleer en die Venus-deel van die Wega 1-sending ingekort. Die tuig is die Wega genoem, ’n samestelling van die Russiese woorde Венера (Wenera) en Галлей (Gallei) vir "Venus" en "Halley" onderskeidelik. Die ontwerp van die tuig was gebaseer op dié van die vorige Wenera 9 en 10.

Die twee tuie is op 15 en 21 Desember 1984 onderskeidelik vanaf Baikonoer in die destydse Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek gelanseer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne