WhatsApp

WhatsApp is 'n kitsboodskapdiens vir slimfone en uitgesoekte funksieselfone wat van die internet gebruik maak vir kommunikasie. Benewens kort teksboodskappe (SMS'e), kan gebruikers beelde, videogrepe en klankboodskappe aan mekaar stuur, sowel as hul plek aandui met behulp van die geïntegreerde karteringsfunksies. WhatsApp, Inc. is in 2009 gestig deur die Amerikaners Brian Acton en Jan Koum (ook die hoof- uitvoerende beampte), albei voormalige werknemers van Yahoo!, en is gebaseer in Mountain View, Kalifornië. Die maatskappy het 55 werknemers en is oorgeneem deur Facebook, Inc., wat sy verkryging van WhatsApp, Inc. vir $19,3 miljard op 19 Februarie 2014 aangekondig het.In 'n bloginskrywing in Desember 2013 beweer WhatsApp hy het elke maand 400 miljoen aktiewe gebruikers. Op 22 April 2014 het WhatsApp meer as 500 miljoen maandelikse aktiewe gebruikers gehad; 700 miljoen foto's en 100 miljoen video's is in dié tyd elke dag gedeel. Dit het in 2014 elke dag meer as 10 miljard boodskappe hanteer.Dit het die wêreld se gewildste boodskaptoepassing in 2015 geword,, en het meer as 2 000 000 000-gebruikers wêreldwyd vanaf Februarie 2020. Dit het die primêre middel van elektroniese kommunikasie in verskeie lande en plekke geword, waaronder Latyns-Amerika, die Indiese subkontinent en groot dele van Europa en Afrika.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne