Zauditu

Zauditu
Negesta Nagastat
Keiserin van Ethiopië
Dinastie Huis van Salomo
Bewind 27 September 1916 - 2 April 1930
Gebore (1876-04-29)29 April 1876
Wollo, Keiserryk Ethiopië
Gesterf 2 April 1930 (op 53)
Addis Abeba, Keiserryk Ethiopië
Voorganger Lidj Iyasu
Opvolger Haile Selassie
Gade Araya Selassie Yohannes (1882-1888)
Gugsa Welle (1900-1930)
Vader Keiser Menelik II
Moeder Woizero Abechi

Zauditu (Ge'ez: ዘውዲቱ Zäwditu; gebore as Askala Maryam; 29 April 1876 - 2 April 1930) was van 1916 tot 1930 keiserin van Ethiopië. Sy was die eerste vroulike heerser van ’n internasionaal erkende land in Afrika in die 19de en 20ste eeu en die eerste regerende keiserin van die Keiserryk Ethiopië. Haar bewind is gekenmerk deur die hervormings van haar regent (Enderase) en erfgenaam, Ras Tafari Makonnen (wat haar opgevolg het as keiser Haile Selassie). Vanweë haar konserwatisme en sterk geloof het sy meestal met hom gebots.

In 2020 was sy die mees onlangse regerende keiserin in die geskiedenis, en tot met die verkiesing in 2018 van Sahle-Work Zewde as president, die mees onlangse vroulike staatshoof van Ethiopië.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne