Aardhond (astrologie)

戊戌

Die Aardhond (戊戌, wùxū) is die 35ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die vyfde Hemelstam (戊, ) – die element Aarde en Jang – met die 11de Aardtak (戌, ), gesimboliseer deur die Hond (狗, gǒu).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Aardhondjaar het in 2018 begin en volgens die Gregoriaanse kalender duur dit van 16 Februarie 2018 tot 4 Februarie 2019.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne