Airbus A300

Airbus A300

A300 · A310 · A318 · A320 · A330 · A340 · A350 · A380

Lufthansa A300B4-600
Tipe Passasiersvliegtuig
Vervaardiger EADS (Airbus S.A.S.)
Nooiensvlug 28 Oktober 1972
Bekendstelling 30 Mei 1974 deur Air France
Hoofgebruikers United Parcel Service (52)
FedEx (49)
American Airlines (34)
Japan Airlines (22)
Aantal gebou 561
Weergawes A300-600ST Beluga
Airbus A310
Geometriese sketse van die A300-B6

Die Airbus A300 is 'n kort- tot mediumreikafstand wyerompvliegtuig. Die vliegtuig wat in 1972 vrygestel is, was die eerste tweemotorige wyerompvliegtuig ter wêreld en die eerste vliegtuig wat deur die Airbus-konsortium van Europese maatskappye, wat nou ten volle deur EADS besit word, geskep is.

Die A300 (saam met die A310) se produksie het in Julie 2007 tot 'n einde gekom. In 2020 word daar nog 209 A300s wêreldwyd gebruik, meestal as vragvliegtuie vir maatskappye soos United Parcel Service, FedEx Express en DHL[1]. Vragvliegtuigverkope sal in die toekoms die nuwe A330-200F-afstammeling behels.[2]

Nege Airbus A300- vliegtuie is deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens gebruik tussen 1976 en 2001[3].

'n Japan Airlines A300-600R
  1. https://www.airfleets.net/exploit/production-a300-20.htm
  2. "Airbus aims to fill freighter void with A330 derivative". Flight International. 14 Maart 2006.[dooie skakel]
  3. http://www.saamuseum.co.za/saa-aircraft-photographs.html

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne