Airbus A380

A300 · A310 · A318 · A320 · A330 · A340 · A350 · A380

'n A380-800 van Emirates, die grootste operateur van die grootste passasierstraler in die wëreld
Tipe Passasiersvliegtuig
Vervaardiger EADS (Airbus S.A.S.)
Nooiensvlug 27 April 2005
Bekendstelling 25 Okt 2007 deur Singapore Airlines
Status Gesertifiseer 12 Desember 2006
Aantal gebou 251 tot 31 Augustus 2021 (gestaak)
Programkoste VS$ 10,7 miljard
Eenheidskoste VS$ 445.6 miljoen (2018)

Die Airbus A380 is ’n dubbeldek, vierenjin passasiersvliegtuig wat deur EADS (Airbus S.A.S.) vervaardig word. Dit is die grootste passasiersvliegtuig ter wêreld en meeste lughawens moes hul fasiliteite opgradeer om dit te kan akkommodeer as gevolg van sy grootte. Dit het vir die eerste keer op 27 April 2005 van Toulouse, Frankryk opgestyg.[1] Na ’n aantal oponthoude word die eerste kommersiële vlug op 25 Oktober 2007 deur Singapore Airlines onderneem. Vir ’n groot deel van die vliegtuig se ontwikkeling het dit bekend gestaan as die Airbus A3XX. Die bynaam Superjumbo word met die A380 geassosieer.

Die A380 se boonste dek strek oor die hele lengte van die romp. Dit laat 50% meer kajuitvloerspasie toe as in die volgende grootste passasiersvliegtuig, die Boeing 747-400,[2] en verskaf sitplek aan 525 passasiers in standaardkonfigurasie of tot 853 passasiers in volledige ekonomieklas-konfigurasie.[3] Twee A380 modelle word te koop aangebied. Die A380-800, die passasiersmodel, is die grootste passasiersvliegtuig ter wêreld, selfs groter as die Boeing 747, en die A380-800F, die vragmodel, wat ontwerp is as een van die grootste vragvliegtuie met ’n gelyste vragkapasiteit wat slegs deur die Antonof An-225 oortref word.[4] Die A380-800 is ontwerp vir 'n reikafstand van 15 700 kilometer (8 500 seemyl), genoeg om ononderbroke van New York na Hongkong te vlieg, teen ’n kruissnelheid van Mach 0,85 (ongeveer 900 km/h op kruishoogte).[3]

  1. "A380, the 21st century flagship, successfully completes its first flight". Airbus S.A.S. 27 April 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2008. Besoek op 6 Augustus 2007.
  2. A380 FAQ, question 4
  3. 3,0 3,1 "A380 Specifications" (in Engels). Airbus S.A.S. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2016. Besoek op 16 September 2006.
  4. "A380 Freighter Specifications" (in Engels). Airbus S.A.S. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2009. Besoek op 16 September 2006.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne