Aleksei Nikolajewitsj, tsarewitsj van Rusland

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Nikolajewitsj

Aleksei Nikolajewitsj
Tsarewitsj Aleksei in 1913.
Gebore
Aleksei Nikolajewitsj Romanof
(Алексей Николаевич Романов)

12 Augustus [O.S. 30 Julie] 1904
Sterf16 Julie 1918 (op 13)
NasionaliteitRussies
TitelTsarewitsj (meer korrek: tsesarjewitsj)[nota 1]
Ouer(s)Nikolaas II van Rusland
Aleksandra Fjodorowna
GeloofRussies-Ortodoks
Handtekening

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Aleksei Nikolajewitsj Romanof (Russies: Алексе́й Никола́евич Рома́нов; Peterhof, 12 Augustus [O.S. 30 Julie] 1904 - Jekaterinburg, 16 Julie 1918) van die Huis van Romanof was die seun van keiser Nikolaas II en keiserin Aleksandra Fjodorowna. Hy was hul vyfde kind en het vier ouer susters gehad: Olga, Tatjana, Maria en Anastasia.

As enigste seun was hy die regmatige troonopvolger, of tsesarewitsj.[1][2][nota 1] Omdat hy hemofilie gehad het en sy ouers dit van die Russiese volk probeer weerhou het, het hulle hom probeer behandel met metodes van die sogenaamde geloofsgeneser Grigori Raspoetin.[3]

Ná die Februarie-rewolusie van 1917 en die gedwonge abdikasie van die keiser later dieselfde jaar, is die Romanofs binnelands verban na Tobolsk en later Jekaterinburg in Siberië. Ná die Oktober-rewolusie was die Rooi Leër in 'n oorlog gewikkel met die antikommunistiese Wit Leër en toe laasgenoemde Jekaterinburg nader, het die Oeralse Sowjet opdrag gegee dat die Romanofs vermoor word in die nag van 16-17 Julie 1918. Nadat die gesin se oorskot (buiten dié van Aleksei en 'n suster) in 1979 naby Jekaterinburg ontdek is, het gerugte ontstaan dat hy die teregstelling vrygespring het. Talle troonrowers het beweer hulle is Aleksei. Daar was ook talle vroue wat beweer het hulle is Anastasia, van wie die bekendste seker Anna Anderson was. In 2007 is die oorskot van Aleksei en Maria (of Anastasia) in 'n tweede graf naby dié van die res van die Romanof-gesin ontdek.

Op 17 Julie 1998, op die 80ste herdenking van hulle teregstelling, is Aleksei se ouers, drie van sy susters en die ander vier lede van die huishouding amptelik herbegrawe in die Katedraal van Petrus en Paulus in Sint Petersburg, terwyl Aleksei en Maria (of Anastasia) se bene in Russiese staatsargiewe bly totdat die Russies-Ortodokse Kerk tevrede is met DNS-toetse. Die Kerk het die Romanof-gesin in 2000 as "draers van lyding" tot heiliges verklaar.

Aleksei word soms deur Russiese legitimiste Aleksei II genoem, want hulle beskou die abdikasie van sy pa namens Aleksei ten gunste van Nikolaas se jonger broer, groothertog Michail, as onwettig.[4]


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found

  1. Macedonsky, Dimitry (2005–2006). "Hail, Son of Caesar! A Titular History of Romanov Scions". European Royal History Journal. 8.3 (XLV): 19–27.
  2. Burke's Royal Families of the World II. Burke's Peerage Ltd. 1980. p. 65. ISBN 978-0-85011-029-6.
  3. "Alexis". Encloypaedia Britannica. Besoek op 22 April 2019.
  4. "The Abdication of Nicholas II: 100 Years Later". The Russian Legitimist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2018. Besoek op 30 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne