Alkalimetaal

Alkalimetale

'n Alkalimetaal is 'n chemiese element van die eerste groep in die periodieke tabel. Saam met die aardalkalimetale vorm dit die s-blok van die tabel.

Dit bevat die elemente litium (Li), natrium (Na), kalium (K), rubidium (Rb), sesium (Cs) en die radioaktiewe element frankium (Fr).

Partykeer word ook die eerste element van die tabel waterstof (H) tot hierdie groep gereken. Dit het nogtans taamlik afwykende eienskappe.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne