Apostoliese Kerke

Die Ou Apostoliese Kerk en Nuwe Apostoliese Kerk, is Christelike kerke wat in die algemeen as Apostolies bekend staan. Hierdie kerke het ontstaan uit die Katoliek Apostoliese Kerk uit wat weer ontstaan het uit die Albury Konverensies uit wat in die 1820’s onder leiding van Henry Drummond plaasgevind het.

Daar word ook na hierdie groep kerke verwys as Irvingisme, en moet glad nie verwar word met die Apostoliese Geloofsending of die Nuwe Apostoliese Reformasie, of die Afrika Tradisionele Kerke nie, wat ook die naam Apostolies in hul naam dra. Die eersgenoemde Apostoliese kerke word nie onder Protestante kerke ingedeel nie, en moet as 'n aparte beweging in die Christendom, naamlik Irvinisme, gesien word.

Werner onderskei tussen die Apostoliese Geloofsending wat 'n Pinksterkerk is en die Apostoliese Kerke wat onder leiding van Apostels is. Van Staden gee ook die naam Apostoliese Kerke aan die groep.

Volgens die meerderheid Christelike kerke word die Apostoliese kerke nie as Christelike kerke beskou nie, en gebrandmerk as kultus of sekte.

In Suid-Afrika bestaan daar verskeie groepe, naamlik:

  • Die Nuwe Apostoliese Kerk, wat deel uitmaak van die New Apostolic Church International met hul hoofkantoor in Switserland.
  • Die Ou Apostoliese Kerk, wat in 1913 weggebreek het vanaf die Nuwe Apostoliese Kerk en wat ekumeniese betrekkinge met die Apostelampt Jesu Christi (Apostelbediening van Jesus Christus) in Duitsland gehad het, totdat van die AJC-lede in Julie 2006 by die OAK aangesluit het onder leiding van sommige AJC-apostels.
  • Die Apostoliese Kerk - Aposteleenheid , wat lid is van die ekumeniese Verenigde Apostoliese Kerk .
  • Die Hervormde Ou Apostoliese Kerk wat in 1971/72 vanaf die Ou Apostoliese Kerk onder leiding van Robert Lombard weggebreek het.
  • The Twelve Apostles Church in Christ wat in 1979 van die Ou Apostoliese Kerk weggebreek het.
  • Die Hervormde Apostoliese Kerk wat onder leiding van Freddie Isaacs, ook bekend as die Cradock Apostel, wat van die Hervormde Ou Apostoliese Kerk weggebreek het.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne