Asjanti (streek)

Die Asjantistreek se posisie in Ghana.

Die streek Asjanti is in die suide van Ghana geleë en is die derde grootste van 16 administratiewe streke. Dit het ’n oppervlakte van 24 389 km2, of 10,2 persent van Ghana se totale oppervlakte. Dit is egter die streek met die grootste bevolking: 4 780 380 volgens die 2011-sensus; dit is 19,4% van Ghana se totale bevolking. Die grootste stad en streekhoofstad is Kumasi.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne