Assurbanipal

Assurbanipal
Koning van Assirië
Assurbanipal op ’n jagtog, ’n reliëf uit Nineve.
Bewind 668 – c. 627 v.C.
Volle naam Aššur-bāni-apli (Akkadies)
Gebore 685 v.C.
Gesterf 627 v.C.
Voorganger Esarhaddon
Opvolger Ashur-etil-ilani
Vader Esarhaddon
Assurbanipal as hoëpriester.

Assurbanipal of Asjsjoerbanipal (Akkadies: Aššur-bāni-apli, "Assur is die skepper van ’n erfgenaam"; 668 – c. 627 v.C.)[1] was ’n koning van Assirië. Hy was die seun van Esarhaddon en die laaste sterk heerser van die Nieu-Assiriese Ryk.[1] Hy is bekend vir sy versameling van ’n groot hoeveelheid wigskrifdokumente vir sy koninklike paleis by Nineve.[2] Die versameling, bekend as die Biblioteek van Assurbanipal, is nou in die Britse Museum.

In die Bybelboek Esra word hy Asenappar genoem en die Romeinse historikus Justinus identifiseer hom as Sardanapalus.[3]

  1. 1,0 1,1 Datums volgens die Assiriese Koningslys, Assyrian kinglist
  2. Ashurbanipal in die Encyclopædia Britannica
  3. Marcus Junianus Justinus. "Epitome of the Philippic History of Pompeius Trogus" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2019. Besoek op 14 Augustus 2015. His successors too, following his example, gave answers to their people through their ministers. The Assyrians, who were afterwards called Syrians, held their empire thirteen hundred years. The last king that reigned over them was Sardanapalus, a man more effeminate than a woman.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne