Balju

'n Balju is 'n hofamptenaar wat verantwoordelik is vir die betekening van dokumente (waaronder dagvaardings, kennisgewings, lasbriewe en opdragte) en vir die uitvoering van uitsprake en bevele. 'n Balju verteenwoordig die siviele regstelsel en is nie betrokke by kriminele regspleging nie.

Die balju hoef egter nie dokumente persoonlik te beteken nie. Dit kan lei tot gevalle waar beslag op eiendom gelê word sonder dat die persoon die hofstukke ontvang het. Die onus is dus op die verbruiker om seker te maak van enige moontlike regsaksie as hy/sy vermoed daar kan dalk so 'n aksie teen hom kan wees.[1]

In Suid-Afrika hou die Suid-Afrikaanse Baljuraad toesig oor die diens wat verskaf word. Balju's moet ten alle tye menslik optree en volgens die Gedragskode vir Balju's handel. Klagtes kan by die raad se hoofbestuurder aangemeld word.

  1. Voorkom balju-veilings[dooie skakel], besoek op 24 Mei 2013

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne