Bathurst-eiland

Bathurst-eiland
Inheemse naam: Bathurst Island
Nasa-Satellietbeeld van die Bathurst-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Bathurst-eiland
Geografie

Ligging Noord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate 75°46′N 99°47′W / 75.767°N 99.783°W / 75.767; -99.783
Argipel Koningin-Elizabeth-eilande (Kanadese Arktiese Argipel)

Oppervlakte 16 042 vk km
Hoogste punt Berg Stokes 412 m
Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebied Nunavut

Demografie
Bevolking 0

Die wêreld se 54ste grootste eiland en die 13de grootste eiland van Kanada

Bathurst-eiland (Engels: Bathurst Island), die wêreld se 54ste grootste eiland en die 13de grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 16 042 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Bathurst-eiland behoort tot die Koningin-Elizabeth-eilande, 'n subgroep van die Kanadese Arktiese Argipel, met Melville-eiland in die weste, Cornwallis-eiland in die suidooste en Devon-eiland in die suide. Die eiland is op 25 Augustus 1819 deur William Edward Parry (1790–1855) tydens sy soektog vir die Noordwestelike Deurvaart ontdek en genoem na Henry Bathurst, 3de Lord van Bathurst (1762–1834). Dit is onbewoon.

Ligging van Bathurst-eiland

Die eiland is laagliggend met min dele hoër as 330 m in hoogte. Die hoogste punt is 412 m bo seevlak van die Stokes-berg in die Stokes-bergreeks. Dit vorm op sy beurt deel van die Arktiese Kordillera-bergstelsel. Goeie grondtoestande produseer oorvloedige plantegroei en ondersteun 'n meer produktiewe wildbevolking as ander Arktiese eilande.

Dit is vir die eerste keer bewoon deur inheemse mense omstreeks 2000 v.C. Brooman Point Village aan die oostelike kus van Bathurst-eiland was die plek van Thule-inheemse stamme omstreeks 1000 n.C., moontlik tydens 'n warmer klimaatsperiode.

Geen moderne Inuïet het hier gewoon ten tyde van die Europese ontdekking in die 1800's nie. Maar Inuïete in die omgewing het waarskynlik geweet van sy oorvloedige natuurlewe en het moontlik op jagtogte hierheen gereis.

William Edward Parry was die eerste Europeër wat die eiland in 1819 ontdek het en sy suidelike kus uitgebeeld het.

Die eiland is vernoem na Henry Bathurst, 3de graaf Bathurst, Britse minister van buitelandse sake vir oorlog en die kolonies van 1812 tot 1827. Robert Dawes Aldrich het 'n groot deel van sy weskus in 1851 gekarteer, terwyl George Henry Richards en Sherard Osborn sy noordkus in 1853 op die kaart gebring het.

Die aarde se magnetiese noordpool het gedurende die 1960's en 1970's noordwaarts oor die Bathurst- en Seymour-eilande geskuif. Die Kanadese Nasionale Museum van Natuurwetenskappe, onder leiding van die bekende Arktiese bioloog Stewart D. Macdonald, Kurator van Vertebrate Ethology, het 'n permanente Arktiese Navorsingstasie hier gestig in 1973. Geleë aan die Goodsirrivier in die Ysbeerpas, was die stasie seisoenaal beman tot met die 1980's.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne