Biblioteek van Assurbanipal

Tablet met ’n deel van die Heldedig van Gilgamesj, Britse Museum.
Die Venus-tablet van Ammisaduqa met sterrevoorspellings.
’n Tablet met sinonieme.

Die Biblioteek van Assurbanipal, wat genoem is na die groot koning Assurbanipal van die Nieu-Assiriese Ryk, is ’n versameling van duisende kleitablette en -fragmente met ’n verskeidenheid inligting uit die 7de eeu v.C.. Daaronder is die bekende Heldedig van Gilgamesj. Weens die slordige hantering van die oorspronklike materiaal is ’n groot deel daarvan onherstelbaar beskadig en is dit onmoontlik vir geleerdes om baie van die tekste te rekonstrueer.

Die tablette is ontdek op die terrein van die ou stad Nineve, die hoofstad van Assirië in Noord-Mesopotamië (in die hedendaagse Irak).[1][2]

Volgens Oud-Persiese en Armeense tradisies was Alexander die Grote so beïndruk met die biblioteek toe hy dit sien dat dit hom laat besluit het om sy eie biblioteek te bou. Hy is dood voordat hy dit kon doen, maar sy vriend en opvolger in Antieke Egipte, Ptolemeus I Soter, het die projek begin wat later die beroemde Biblioteek van Alexandrië sou word.[3]

  1. Polastron, Lucien X.: "Books On Fire: The Tumultuous Story Of The World's Great Libraries" 2007, pages 2-3, Thames & Hudson Ltd, Londen
  2. Menant, Joachim: "La bibliothèque du palais de Ninive" 1880, Parys: E. Leroux
  3. Phillips, Heather A., "The Great Library of Alexandria?". Library Philosophy and Practice, Augustus 2010 Geargiveer 18 April 2012 op Wayback Machine

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne