Biseksualiteit

’n Vlag wat biseksuele trots uitbeeld.
’n Jong man en ’n tiener besig met seks sonder penetrasie (Attiese beker, 550 v.C. - 525 v.C., Louvre.

Biseksualiteit is die beskrywing van ’n persoon se seksuele oriëntering waar die aantrekking tot dieselfde sowel as die teenoorgestelde geslag is.[1][2][3] Dit staan naas die ander twee kategorieë van seksuele oriëntering: heteroseksualiteit, waar die aantrekking meestal tot die teenoorgestelde geslag is, en homoseksualiteit, waar die aantrekking meestal tot dieselfde geslag is. Sommige kenners beweer alle mense is in ’n mindere of meerdere mate biseksueel, dit is net die graad wat verskil sodat party mense hulself dan beskou as homo- of heteroseksueel.

Al is iemand tot albei geslagte aangetrokke maar verkies een effens bo die ander, identifiseer hulle gewoonlik met biseksualiteit.[4]

  1. "Sexual orientation, homosexuality and bisexuality". American Psychological Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2013. Besoek op 21 April 2014.
  2. "Sexual Orientation". American Psychiatric Association. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2011. Besoek op 3 Desember 2012.
  3. "GLAAD Media Reference Guide". GLAAD. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2011. Besoek op 14 Maart 2012.
  4. Rosario, M.; Schrimshaw, E.; Hunter, J.; Braun, L. (2006). "Sexual identity development among lesbian, gay, and bisexual youths: Consistency and change over time". Journal of Sex Research. 43 (1): 46–58. doi:10.1080/00224490609552298. PMC 3215279. PMID 16817067.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne