Bolied

’n Bolied (’n baie helder meteoor met ’n sigbare magnitude van -14 of helderder).
’n Kaart van boliedvoorvalle oor die Aarde heen (1994–2013).[1]

’n Bolied (van die Griekse βολίς bolis, "missiel" of "om te flits")[2] is ’n uiters helder meteoor, veral een wat in die atmosfeer ontplof. In sterrekunde verwys dit na ’n vuurbal wat omtrent so helder soos die volmaan is. In geologie is ’n bolied iets wat ’n baie groot impak veroorsaak.

  1. "We are not Alone: Government Sensors Shed New Light on Asteroid Hazards". Universe Today. Besoek op 12 April 2015.
  2. http://www.merriam-webster.com/dictionary/bolide

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne