Bundesliga

Bundesliga
2020–21
Beskrywing.
Kenteken van die Bundesliga

Sportsoort Sokker
Gestig 24 Augustus 1963
Eienaar Duitse sokkerbond
Inwydingseisoen 1963–64
Deelnemende lande Vlag van Duitsland Duitsland
Aantal spanne 18
Mees onlangse kampioen FC Bayern München (2021–22)
Verwante kompetisies 2. Bundesliga
3. Liga


Die Bundesliga is Duitsland se professionele eersteliga in sokker sedert 1963. Voor die instelling van die Bundesliga deur die DFB (Deutscher Fußball Bund), is die Duitse sokkerkampioen bepaal deur die wenner van uitspeelwedstryde tussen die topspanne van elke streekliga.

FC Beiere München het die liga reeds 22 keer gewen sedert 1963. Klubs uit die voormalige Oos-Duitsland sukkel sedert unifikasie om hulle top-spelers te behou en met die voormalige Wes-Duitse klubs mee te ding, aangesien die voormalige Wes-Duitse klubs oor die algemeen finansieel beter daaraan toe is. In die 2008/09-seisoen speel daar slegs een klub uit die voormalige Oos-Duitsland in die Bundesliga, naamlik FC Energie Cottbus, het gegaan in die 2. Bundesliga 2009/10.

Die Bundesliga is vandag baie suksesvol uit 'n finansiële oogpunt en die mees suksesvolle sokkerliga wêreldwyd as dit gemeet word aan toeskouers. In die 2005/06-seisoen het die liga 'n gemiddelde bywoningsyfer van 40 775 toeskouers per wedstryd gehad (die tweede bes bygewoonde sokkerliga was die Engelse Premierliga met 'n gemiddelde bywoningsyfer van 33 875 per wedstryd).[1]

  1. en:Sports attendance

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne