Calais, Vermont

Calais
Stad
Die raadsaal van Calais (Calais Town Hall)
Die raadsaal van Calais (Calais Town Hall)
Ligging van Calais in Vermont, VSA
Ligging van Calais in Vermont, VSA
Koördinate: 44°21′48″N 72°27′59″W / 44.36333°N 72.46639°W / 44.36333; -72.46639
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
DeelstaatVermont
CountyWashington
Oppervlak
 • Totaal99,9 km2 (38,6 vk. myl)
 • Land98,5 km2 (38,0 vk. myl)
 • Water1,5 km2 (0,6 vk. myl)
Hoogte
338 m (1 109 ft)
Bevolking
 • Totaal1 529
 • Digtheid15,5/km2 (40,2/vk. myl)
TydsoneUTC-05:00 (EST)
 • SomertydUTC-04:00 (EDT)
ZIP-kode
05648; (Oos-Calais, 05650)
Skakelkodes802
Webwerfcalaisvermont.gov

Calais is 'n dorp in die distrik Washington, Vermont (noordoostelike Verenigde State) met 'n bevolking van 1 529 volgens die sensus van 2000. Alhoewel die dorp na die Noord-Franse stad Calais vernoem is, word sy naam in Engels soos palace uitgespreek en nie soos chalet nie. Die dorp bestaan uit die wyke East Calais, North Calais, Kent's Corner, Maple Corner en Pekin.

Calais het vroeër 'n buurdorp met die naam Sodom gehad - blykbaar 'n verwysing na die feit dat hierdie dorpie nie oor 'n kerk besik het nie, maar wel oor 'n aantal steengroewe. Die inwoners het in 1905 'n petisie opgestel waarmee hulle die owerhede van Vermont versoek het om die dorp se naam na Adamant ("hard") te wysig - 'n verwysing na die harde granietgesteente van die omgewing.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne