Devon-eiland

Devon-eiland
Inheemse naam: Devon Island
Tatlurutit
Nasa-Satellietbeeld van die Devon-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Devon-eiland
Geografie

Ligging Noord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate 75°08′N 87°51′W / 75.133°N 87.850°W / 75.133; -87.850
Argipel Koningin-Elizabeth-eilande (Kanadese Arktiese Argipel)

Oppervlakte 55 247 vk km
Hoogste punt Devon Ice Cap 1 920 m
Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebied Nunavut

Demografie
Bevolking 0

Die wêreld se 27ste grootste eiland en die sesde grootste eiland van Kanada

Devon-eiland (Engels: Devon Island, Inuktitut: Tatlurutit), die wêreld se 27ste grootste eiland en die sesde grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 55 247 km². Devon-eiland behoort tot die Koningin-Elizabeth-eilande, 'n subgroep van die Kanadese Arktiese Argipel, met Ellesmere-eiland in die noorde, Bathurst-eiland en Cornwallis-eiland in die weste, Somerset-eiland in die suidweste en Baffin-eiland in die suide. Tussen Devon-eiland en Groenland in die ooste is die Baffinbaai geleë. Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Dit is die grootste eiland wat nie bewoon is nie en genoem na die seremoniële graafskap Devon in die suidweste van Engeland.

Ligging van Devon-eiland
Kaart van Devon-eiland

Devon-eiland is een van die grootste eilande in die Arktiese Argipel, die tweede grootste van die Koningin Elizabeth-eilande. Die eiland se oppervlakte is effens kleiner as die van Kroasië.

Die grondgesteente is Prekambriese gneis, Paleosoïese slikstene en skalies. Die hoogste punt is die Devon-yskap op 1 920 m bo seevlak wat deel is van die Arktiese Kordillera. Devon-eiland bevat verskeie klein bergreekse, soos die Treuterberge, Haddington-bergreeks en die Cunninghamberge. Die noemenswaardige ooreenkoms van sy oppervlak met dié van Mars het die belangstelling van wetenskaplikes gelok.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne