Dina Boluarte

Dina Boluarte
Dina Boluarte
Boluarte in 2023

131ste president van Peru
Ampsbekleër
Termynaanvang
7 Desember 2022
Vise Vakant
Eerste minister Pedro Angulo Arana
Alberto Otárola
Voorafgegaan deur Pedro Castillo

Eerste vise-president van Peru
Ampstermyn
28 Julie 2021 – 7 Desember 2022
President Pedro Castillo
Voorafgegaan deur Martín Vizcarra (2018)
Opgevolg deur Vakant

Minister van Ontwikkeling en Maatskaplike Insluiting
Ampstermyn
29 Julie 2021 – 26 November 2022
Voorafgegaan deur Silvana Vargas
Opgevolg deur Cinthya Lindo Espinoza

Persoonlike besonderhede
Gebore Dina Ercilia Boluarte Zegarra
31 Mei 1962 (1962-05-31)
Chalhuanca, Peru
Politieke party Vrye Peru (2017–2022)
Onafhanklik
Eggenoot/-note David Gómez Villasante (t. 1992)
Kind(ers) 2
Alma mater Universiteit van San Martin de Porres (LLB)
Handtekening

Dina Ercilia Boluarte Zegarra (gebore 31 Mei 1962) is 'n Peruaanse politikus, staatsamptenaar en prokureur wat sedert 7 Desember 2022 as die president van Peru dien. Sy het as die eerste vise-president en minister by die Ministerie van Ontwikkeling en Maatskaplike Insluiting onder president Pedro Castillo gedien. Voor dit was sy vanaf 2007 tot 2022 'n beampte by die Nasionale Register van Identifikasie en Burgerlike Status (RENIEC).[1][2]

Boluarte is die eerste vrou om as president van Peru te dien.[3] Sy is ingesweer na 'n mislukte self-staatsgreep deur president Pedro Castillo wat gelei het tot sy vervolging, uitsetting en arrestasie. Haar presidentskap kom tydens 'n tydperk van politieke onrus in Peru wat in 2017 begin het, Sy is die sesde president van Peru in vyf jaar.[4]

Gedurende haar eerste paar dae as president het pro-Castillo-protesaksies regoor Peru voorgekom; die Boluarte-regering se reaksie is deur Amnestie Internasionaal gekritiseer as "staatsonderdrukking".[5]

  1. "Peru's President Pedro Castillo replaced by Dina Boluarte after impeachment". BBC News. 7 Desember 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2022. Besoek op 8 Desember 2022.
  2. Vega, Renzo Gómez (8 Desember 2022). "Dina Boluarte, Peru's first female president". EL PAÍS English Edition. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Desember 2022. Besoek op 10 Desember 2022.
  3. "Dina Boluarte | Biography, Political Party, & Family | Britannica". www.britannica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2023. Besoek op 12 April 2023.
  4. Christian (31 Desember 2022). "El Gobierno de Perú mantiene su política ante el reinicio de las protestas". Tercera Información (in Spaans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2023. Besoek op 16 Januarie 2023.
  5. Peru: President Boluarte must order security forces to respect right to protest. Amnestie Internasionaal (18 Julie 2023). URL besoek op 6 Desember 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne