Edenparkstadion

Edenpark
Lugbeeld van Edenpark

Bynaam Tuin van Eden[1]
Ligging Auckland, Nieu-Seeland
Koördinate 36°52′30″S 174°44′41″O / 36.87500°S 174.74472°O / -36.87500; 174.74472
Eienaar Edenpark Trustraad
Operateur Edenpark Trustraad
Kapasiteit 50 000 (Rugby)[2]
42 000 (Krieket)[3]
60 000 (met tydelike sitplekke)[4]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Geopen 1900
Huurders
Blues (Rugby) (1996–huidig)
Auckland RVU (ITM-beker) (1925–huidig)
Auckland Aces (krieket; 1910–huidig)

Die Edenparkstadion (algemeen bekend as Edenpark) is 'n stadion in Auckland, Nieu-Seeland, wat vir rugby en krieket aangewend word.[5]

Edenpark is die grootste sportgrond in Auckland met rugby wat in die wintermaande gespeel word en krieket in die somer (alhoewel die meeste plaaslike krieketwedstryde op die Outer Oval gespeel word wat reg langs die hoofstadion is). Om albei sportsoorte ter wille te wees is die kolfblad verwyderbaar. Die stadion het die eerste geword om twee Rugbywêreldbekereindstryde te huisves: dié van die Rugbywêreldbeker 1987 en Rugbywêreldbeker 2011. Edenpark het ook twee keer wedstryde van die Krieketwêreldbeker aangebied: in 1992 en 2015.

  1. (en) RugbyHeaven.co.nz[dooie skakel]
  2. "About Eden Park" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2020. Besoek op 26 Maart 2015.
  3. "Eden Park, Auckland, New Zealand" (in Engels). ESPNcricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op 29 November 2015.
  4. "10,000 Eden Park seats" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 27 Maart 2015.
  5. "Eden Park" (in Engels). Cricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 20 Februarie 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne