Filistyne

Die Bybelse beskrywing van die land van die Filistyne identifiseer vyf stadstate: Gasa, Asdod, Askelon, Gat en Ekron.

Die Filistyne (Hebreeus: פְּלִשְׁתִּים, Plištim) was ’n volk wat in die Bybel beskryf word. Hulle was ’n seevarende volk wat hulle aan die einde van die 2de millennium v.C. op die kusstrook in die suide van Kanaän gevestig en vermoedelik intensiewe kontak behou het met Alasjië (Siprus), Miceense Griekeland en Minoïese Kreta.[1]

  1. (en) B.J. Stone, The Philistines and Acculturation: Culture Change and Ethnic Continuity in the Iron Age, in BASOR 298 (1995), pp. 8, 13, C.S. Ehrlich, The Philistines in Transition: A History from ca. 1000-730 B.C.E., Leiden, 1996, bl. 11.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne