Franse geweste

Geweste en departemente van metropolitaanse Frankryk tot 2015.

Frankryk was sedert 1956 tot 2015 in 27 geweste (Frans: régions) verdeel, waarvan 22 geweste in die Europese deel van Frankryk (régions métropolitaines – metropolitaanse geweste) [1] en 5 oorsese geweste (régions d'outre-mer) was.[2][3] Die geweste is die hoogste vlak van gebiedsverdeling in die Franse Republiek en word verder in departemente (Frans: départements) onderverdeel. Franse geweste vorm ook min of meer natuurlike geografies gebiede en het oor die algemeen 'n eie kulturele en sosiale identiteit. Baie van die moderne geweste kom ooreen en dra die naam van die historiese Franse provinsies.

  1. Korsika is eintlik 'n collectivité métropolitaine – metropolitaanse eenheid.
  2. Die oorsese geweste het die status van departement en lê buite Europa.
  3. Mayotte het in 2011 'n oorsese gewes geword wat die aantal oorsese geweste na 5 en die totale aantal geweste na 27 laat styg het.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne