Fred Astaire

Fred Astaire
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Fred Astaire in Royal Wedding

Geboortenaam Frederick Austerlitz
Geboorte 10 Mei 1899
Omaha, NE (VSA)
Sterfte 22 Junie 1987
Los Angeles, CA (VSA)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur, danser, sanger
Rolprente Silk Stockings, Daddy Long Legs
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Fred Astaire (1899–1987) was 'n Amerikaanse danser, choreograaf, sanger en akteur. Hy was veral bekend vir sy grasieuse dansstyl in rolprente en op die teaterverhoog in Broadway. Sy verhoog- en daaropvolgende rolprentloopbaan het oor 76 jaar gestrek; gedurende die tydperk het hy in altesaam 31 musiekprente verskyn. Hy word veral geassosieer met Ginger Rogers, 'n aktrise wat in tien rolprente saam met hom verskyn het en saam met wie hy die genre 'n gedaanteverwisseling laat ondergaan het. Sy bekendste fliek is Top Hat (1935).[1]

Die Amerikaanse balletchoreograaf en medestigter van die New Yorkse Balletgeselskap (New York City Ballet), George Balanchine, en die Russiese ballerino, Rudolf Nureyev, het na Fred Astaire verwys as die beste danser van die twintigste eeu.[2][3] Astaire word ook algemeen beskou as die invloedrykste danser in die geskiedenis van musikale rolprente en televisieprogramme. Die American Film Institute ("Amerikaanse Filminstituut") het Astaire gekies as die vyfde beste manlike ster van alle tye ("5th Greatest Male Star of All Time").

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. George Balanchine: "He is the most interesting, the most inventive, the most elegant dancer of our times … you see a little bit of Astaire in everybody's dancing – a pause here, a move there. It was all Astaire originally." in Thomas, Bob. Astaire, the Man, The Dancer. Weidenfeld and Nicholson, London, 1985. ISBN 0-297-78402-1 bl.83.
  3. Rudolf Nureyev: "He was not just the best ballroom dancer, or tap dancer, he was simply the greatest, most imaginative, dancer of our time." in Cooke, Alistair. "Fred Astaire Obituary", Letter From America. BBC World Service, Junie 1987

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne