Ineengevlegte gendersimbole: die rooi een links is die vroulike Venus-simbool en die blou een regs die manlike Mars-simbool.
Gender is die reeks karaktereienskappe wat betrekking het op manlikheid en vroulikheid en wat tussen hulle onderskei. Na gelang van die konteks kan dié eienskappe biologiese geslag, geslagsgebaseerde sosiale strukture (soos genderrolle) of genderidentiteit insluit.[1][2][3]