Geochronologie

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
’n Voorstelling van die geologiese tydskaal.

Geochronologie is die absolute datering van gesteentes, fossiele en afsettingss, waarby ’n ouderdom binne ’n bepaalde foutspeling bepaal word. Die doel is onder meer die opstel van die geologiese tydskaal. Om dit te bereik, word ’n aantal verskillende wetenskaplike metodes gebruik.

Geochronologie verskil van stratigrafie, waarby rotslae aan ’n bepaalde tydvak toegeken word deur die beskrywing en vergelyking van fossiele (biostratigrafie), die beskrywing van rotslae (litostratigrafie) of die meet van die paleomagnetiese rigting in gesteentes (magnetostratigrafie). Al hierdie vorme van stratigrafie gee nie ’n absolute ouderdom aan gesteentes nie, maar plaas dit in ’n bepaalde interval op ’n stratigrafiese kolom.

Geochronologie is die een belangrike onderdeel van chronostratigrafie, waarby rotslae in volgorde van (verkieslik absolute) ouderdom gerangskik word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne