Gramvlek

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
'n Gram-vlek van gemengde Staphylococcus aureus (Gram-positief, in pers) en Escherichia coli (Gram-negatief, in rooi), die mees algemene Gram-vlek verwysingsbakterieë.

Gramvlek of Gramkleuring, ook Gram se metode genoem, is 'n metode van kleuring wat gebruik word om bakteriese spesies in twee groot groepe te klassifiseer: Gram-positiewe bakterieë en Gram-negatiewe bakterieë. Die naam kom van die Deense bakterioloog Hans Christian Gram, wat die tegniek in 1884 ontwikkel het.[1]

Gramvlekke onderskei bakterieë deur die chemiese en fisiese eienskappe van hul selwande. Gram-positiewe selle het 'n dik laag peptidoglikaan[Nota 1] in die selwand wat die primêre vlek, kristalviolet, behou. Gram-negatiewe selle het 'n dunner peptidoglikaanlaag wat die kristalviolet toelaat om uit te spoel met byvoeging van etanol. Hulle word pienk of rooi gekleur deur die teenvlek, gewoonlik safranien of fuchsien.[2] Lugol se jodiumoplossing[Nota 2] word altyd bygevoeg na toevoeging van kristalviolet om die binding van die vlek met die selmembraan te versterk.

Gramvlekke is byna altyd die eerste stap in die voorlopige identifikasie van 'n bakteriese organisme. Terwyl Gramkleuring 'n waardevolle diagnostiese hulpmiddel in beide kliniese en navorsingsinstellings is, kan nie alle bakterieë definitief deur hierdie tegniek geklassifiseer word nie. Dit gee aanleiding tot Gram-veranderlike en Gram-onbepaalde groepe.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Colco
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Beveridge_and_Davies_1983


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "Nota", but no corresponding <references group="Nota"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne