Groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Aleksandrowitsj en die van is Romanof.

Sergei Aleksandrowitsj
Groothertog

Huis Romanof
Vader Aleksander II van Rusland
Moeder Prinses Marie van Hesse-Darmstadt
Gebore 11 Mei [O.S. 29 April] 1857,
Tsarskoje Selo, Russiese Ryk
Oorlede 17 Februarie [O.S. 4 Februarie] 1905,
Moskou, Russiese Ryk
Eggenote Prinses Elisabeth van Hesse-Darmstadt

Groothertog Sergei Aleksandrowitsj (Russies: Сергей Александрович; 11 Mei [O.S. 29 April] 1857 – 17 Februarie [O.S. 4 Februarie] 1905) was die vyfde oudste seun en sewende oudste kind van keiser Aleksander II van Rusland. Hy was ’n invloedryke figuur tydens die bewind van sy broer keiser Aleksander III en sy broerskind keiser Nikolaas II, wat ook sy swaer was deur Sergei se huwelik met Elisabeth, die suster van keiserin Aleksandra.[1]

  1. Zeepvat, Charlott. Romanov Autumn: stories from the last century of Imperial Russia. Sutton Publishing, 2000. ISBN 9780750923378

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne