Hampton Court-paleis

Die groot poorthuis van Hampton Court-paleis.
Die fonteinhof.

Hampton Court-paleis (Engels: Hampton Court Palace) is ’n koninklike woning in die Londense borough Richmond upon Thames, in die historiese county Middlesex. Dit word sedert die 18de eeu nie deur die Britse koningsgesin bewoon nie. Dit is oorspronklik omstreeks 1514 vir kardinaal Thomas Wolsey, ’n begunstigde van koning Hendrik VIII, laat bou. In 1529 het Wolsey in onguns geraak by die koning; die paleis het die monarg se eiendom geword en hy het dit laat vergroot.

In die volgende eeu het koning Willem III groot aanbouings en uitbreidings aangebring om die Paleis van Versailles te ewenaar.[1] Die werk is in 1694 beëindig, en die paleis het twee kontrasterende boustyle behou: die Tudor-styl en barok. Desondanks word eenheid geskep deur die gebruik van pienk stene en ’n simmetrie van lae vleuels.[2]

Dit is een van twee paleise van Hendrik VIII wat geboue gebly het. Die ander een is Sint James-paleis. Hampton Court is oop vir die publiek. ’n Onafhanklike welsynorganisasie versorg die paleis – hulle kry geld van die regering en die koningin.[3] Benewens die paleis self, is besienswaardighede die bekende Hampton Court-doolhof, ’n historiese tennisbaan en ’n groot wingerd. Daar word ook ’n jaarlikse fees en blommeskou gehou.

  1. Dynes, Wayne (1968). Palaces of Europe. Londen, bl. 90: Hamlyn. OCLC 37658.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  2. Dynes, Wayne (1968). Palaces of Europe. Londen, bl. 86: Hamlyn. OCLC 37658.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  3. "Historic Royal Palaces > Home > About us > Who we are" (in Engels). Hrp.org.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2011. Besoek op 12 Julie 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne