Harry Potter

Harry Potter
The Philosopher's Stone (1997)
The Chamber of Secrets (1998)
The Prisoner of Azkaban (1999)
The Goblet of Fire (2000)
The Order of the Phoenix (2003)
The Half-Blood Prince (2005)
The Deathly Hallows (2007)

SkrywerJ.K. Rowling
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
TaalEngels
GenreFantasie, drama, jong volwasse fiksie, raaisel, thriller, Bildungsroman
UitgewerBloomsbury Publishing (VK)
Arthur A. Levine Books (VSA)
Little, Brown (VK)
Uitgegee26 Junie 1997 – 21 Julie 2007
31 Julie 2016[1] (aanvanklike publikasie)
MediumDruk (gebind & sagteband)
audioboek
E-boek (soos op Maart 2012)[2]

Harry Potter is die titel van 'n reeks van sewe fantasieromans geskryf deur die Britse skryfster J.K. Rowling, asook die naam van die hoofkarakter in die romans. Die boeke handel oor die avonture van 'n jong towenaar en sy vriende Ron Weasly en Hermione (Hermien) Granger. Gebeure in die verhaal speel meestal af by Hogwarts Skool vir Heksery en Towerkuns, 'n akademie vir jong towenaars en hekse. Die sentrale konflik waarin Harry gewikkel is, is teen 'n bose towenaar, die Heer Voldemort, wat Harry se ouers vermoor het as deel van sy planne om die towerwêreld oor te neem.

Die Harry Potter-boeke in Engels
J.K. Rowling, die skrywer

Vandat die eerste roman Harry Potter and the Philosopher's Stone (in Afrikaans getiteld Harry Potter en die Towenaar se Steen) in 1997 verskyn het, wat in die VSA hernoem is tot Harry Potter and the Sorcerer's Stone, het die boeke uitermate gewild geword onder lesers van alle ouderdomme, en het die reeks positiewe kommentaar van kritici ontlok. Uit die romanreeks het films, videospeletjies en ander produkte verskyn. Die sewende en laaste boek in die reeks, Harry Potter and the Deathly Hallows (in Afrikaans getiteld Harry Potter en die Skatte van die Dood), is onderskeidelik uitgegee op 21 Julie en 15 November 2008, aangesien die boek, soos die voriges in die reeks, in Afrikaans vertaal moes word.

  1. "Harry Potter and the Cursed Child to be eighth book". BBC News (in Engels). 10 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2019. Besoek op 25 Januarie 2017.
  2. Peter Svensson (28 Maart 2012). "Harry Potter breaks e-book lockdown" (in Engels). Yahoo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 25 Januarie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne