Henry James

Henry James
Henry James in 1890
Gebore15 April 1843
2 Washington-plein, New York Stad, Verenigde State
Sterf28 Februarie 1916 (op 72)
Cheyne Walk, Chelsea, Londen, Engeland
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (1843–1915)
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (1915–1916)
Beroepskrywer
Bekend virThe American
The Turn of the Screw
The Portrait of a Lady
What Maisie Knew
The Wings of the Dove
Daisy Miller
The Ambassadors
Ouer(s)Henry James, Sr.
Mary Walsh
Handtekening

Henry James (15 April 184328 Februarie 1916) was 'n Amerikaans-gebore skrywer en literêre kritikus tydens die laat 19de en vroeë 20ste eeue. Hy was die seun van teoloog Henry James sr. en broer van die filosoof en psigoloog William James en ook van dagboekskryfster Alice James. Hy het 'n groot deel van sy lewe in Europa deurgebring en het kort voor sy dood 'n Britse staatsburger geword. Hy is meestal bekend vir sy romans, novellas en kortverhale gebaseer op temas soos bewustheid en moraliteit.

James was 'n veelbetekende bydraer tot die kritisering van fiksie, veral in sy aandrang dat skrywers die grootste moontlike vryheid toegestaan word om hulle siening van die wêreld aan te bied. Sy verbeeldingryke gebruik van perspektief, innerlike monoloë en moontlik onbetroubare vertellers in sy eie werke het 'n nuwe diepte en belangstelling aan verhalende fiksie gebring.[1]

  1. Sien die verwysde bibliografie deur Edel, Laurence en Rambeau vir 'n volledige verklaring van James se groot volume werke.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne