Hispania Tarraconensis

Eerste opdeling
Tweede opdeling
Derde opdeling
Paaie in Hispania, soos beskryf in die Itinerarium Antonini
Reste van Tarraco, die hoofstad

Hispania Tarraconensis was 'n Romeinse provinsie.[1][2]

Tot en met keiser Augustus was Spanje in twee provinsies verdeel, Hispania Citerior en Hispania Ulterior. Augustus het die skiereiland in drie provinsies verdeel, waarna algemeen verwys is as Hispania Citerior, Baetica en Lusitania. Daar word na die eerste ook verwys as Hispania Citerior Tarraconensis.[3]

Die hoofstad was Tarraco die huidige Tarragona. Later is die drie provinsies herverdeel in vyf: Gallaecia, Lusitânia, Tarraconensis, Baetica en Cartaginensis.[4]

Die Romeinse padnetwerk in Hispania het langs vier hoofasse ontwikkel. Eerstens, die via Augusta wat deur Tarraco langs die Mediterreense kus na Dertosa (Tortosa), Saguntum, Carthago Nova (Cartagena) en die oewer van die Baetisrivier tot by die Atlantiese Oseaan geloop het; tweedens, die via Augusta wat vanaf Tarragona na die noordwestelike kus gelei het; derde, die via wat, deur die Meseta Sentraal, Caesaraugusta met die provinsie Lusitania verbind het; en vierde, die sogenaamde 'via de la Plata', wat die provinsie Baetica en die streek van Gallaecia deur die provinsie Lusitania verbind het. Hierdie asse, met enkele veranderinge, is sedert prehistoriese tye gebruik.[5]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named thoughtco
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named unrv
  3. Stout, Selatie Edgar (1926). ""L. Antistius Rusticus."". Classical Philology. 21 (1): 43–51.
  4. ANASTÁCIO, VANDA (2009). ""Fragmenting Iberia: Images of Castile in Seventeenth-Century Portuguese Pamphlets."". Portuguese Studies. 25 (2): 199–214.
  5. Campedelli, Camilla (2022). “The Impact of Roman Roads and Milestones on the Landscape of the Iberian Peninsula.” in: The Impact of the Roman Empire on Landscapes: Proceedings of the Fourteenth Workshop of the International Network Impact of Empire (Mainz, June 12-15, 2019). Brill. pp. 111–30.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne