Hoba-meteoriet

Hoba
Die Hoba-meteoriet in Grootfontein.
Die Hoba-meteoriet in Grootfontein.
Voorwerp
Tipe Yster
Klas 12
Groep IVB
Samestelling 84% Fe en 16% Ni, met spore van Co, Cu, Cr en ander minder bekende minerale
Datum 1920 (ontdek)
Waargenome val Nee
TBG 60 ton
Gebied
Land Vlag van Namibië Namibië
Streek Grootfontein

Die Hoba-meteoriet is die grootste meteoriet in een stuk[1] wat al ontdek is. Dit lê op die plaas Hoba-Wes, 19 km van Grootfontein in Namibië. Dit is oopgegrawe, maar vanweë sy groot massa van meer as 60 ton[2] is dit nooit verwyder van waar dit geval het nie. Dit is ook sover bekend die grootste stuk natuurlike yster (eintlik ferronikkel) op die Aarde se oppervlak. Die naam "Hoba" kom van Khoekhoegowab en beteken "geskenk".[3] Dit is in 1955 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

  1. McSween, Harry (1999). Meteorites and their parent planets (2de uitg.). Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 0521583039. OCLC 39210190.
  2. Hoba in die Meteoritical Bulletin Database
  3. Cassidy, Joseph (2009). Place Names of Namibia A Historical Dictionary. Windhoek: Macmillan Education Namibia Publishers (Pty) Ltd. p. 37. ISBN 978-99916-0-654-5.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne