Immuunstelsel

’n Mikroskoopbeeld van ’n enkele neutrofil (geel) wat ’n miltsiektebakterie (oranje) verswelg.

Die immuunstelsel is ’n beskermingstelsel wat baie biologiese strukture en prosesse in ’n organisme omvat en dit teen siektes beskerm. Selfs eensellige organismes soos bakterieë het ’n eenvoudige immuunstelsel in die vorm van ensieme wat hulle beskerm teen aanvallende virusse. Immunologie is die studieveld wat alle aspekte van die immuunstelsel insluit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne