Indiese nasionale krieketspan

Indië
Kenteken van die Indiese nasionale krieketspan
BynaamMen in Blue, Team India
KonferensieRaad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI)
Personeel
ToetskapteinRohit Sharma
EDI-kapteinRohit Sharma
T20I-kapteinRuturaj Gaikwad
AfrigterVlag van Indië Rahul Dravid
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1932
Internasionale Krieketraad
IKR-statusVolle lid (1926)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[3] Beste rang tot dusver
Toetsrang1ste1ste (1 April 1973)
EDI2de1ste (1 Desember 1994)
T20I1ste1ste (28 Maart 2014)[1][2]
Toetse
Eerste toetst Vlag van Engeland Engeland op Lord’s, Londen, 25–28 Junie 1932
Laaste toetst Vlag van Wes-Indië Wes-Indië op Queen’s Park-ovaal, Port of Spain; 20–24 Julie 2023
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]572173/176 (30,24%)
(1 gelykop, 222 onbeslis)
Vanjaar[5]73/2
(0 gelykop, 2 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
2/2 (eerste in 2019–2021)
Beste uitslagNaaswenner (in 2019–2021 en 2021–2023)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Engeland Engeland op Headingley, Leeds; 13 Julie 1974
Laaste EDIt Vlag van Australië Australië op Narendra Modi-stadion, Ahmedabad; 19 November 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]1052557/442 (52,94%)
(9 gelykop, 44 onbeslis)
Vanjaar[7]3225/6
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings13/13 (eerste in 1975)
Beste uitslagKampioen (in 1983 en 2011)
Kampioenetrofee-verskynings8/8 (eerste in 1998)
Beste uitslagKampioen (in 2002 en 2013)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika op Wanderersstadion, Johannesburg; 1 Desember 2006
Laaste T20It Vlag van Afghanistan Afghanistan op Zhejiang Universiteit van Tegnologie-krieketveld, Hangzhou; 7 Oktober 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[8]209133/66 (63,63%)
(4 gelykop, 6 onbeslis)
Vanjaar[9]1610/5
(0 gelykop, 1 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings8/8 (eerste in 2007)
Beste uitslagKampioen (in 2007)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Indiese nasionale krieketspan (Engels: India national cricket team; Hindi: भारतीय क्रिकेट टीम), met die byname Men in Blue[10] en Team India,[11] is die nasionale krieketspan wat Indië in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur die Raad vir Beheer van Krieket in Indië (BCCI, van Engels: Board of Control for Cricket in India) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Indië is tans (November 2023) eerste op die IKR-toetsranglys, eerste op die eendagranglys en eerste op die Twintig20-wêreldranglys.[12][13][14]

Hoewel krieket reeds in die 18de eeu deur Europese handelsmatrose na Brits-Indië gebring en die eerste krieketklub in Indië al in 1792 in Kolkata gestig is, het Indië se nasionale krieketspan eers hul eerste toets op 25 Junie 1932 op Lord’s in Engeland gespeel.[15] Hulle word die sesde span om toetskrieketstatus te ontvang. In sy eerste vyftig jaar van internasionale krieket was Indië een van die swakste spanne in internasionale krieket, hulle het slegs 35 van die 196 toetse wat hulle gedurende dié tydperk gespeel het gewen.[16] Indië moes vanaf 1932 tot 1952, 20 jaar, vir sy eerste toetsoorwinning wag. Die span het in die 1970’s sterker geword, met opkomende spelers soos die kolwers Sunil Gavaskar en Gundappa Viswanath, die veelsydige Kapil Dev en die Indiese “draaikwartet” Erapalli Prasanna, Srinivas Venkataraghavan, Bhagwat Chandrasekhar en Bishen Singh Bedi.

Indië is tradisioneel tuis baie sterker as oorsee, maar sedert die begin van die 21ste eeu kon die span sy oorsese prestasies verbeter, veral in die korter vorme van krieket; hulle het al toetse in Australië, Engeland en Suid-Afrika gewen. Indië het die krieketwêreldbekertoernooi tot dusver twee keer gewen – in 1983 onder kaptein Kapil Dev in Engeland en in 2011 onder kaptein MS Dhoni tuis. Nadat hulle die 2011-toernooi gewen het, was Indië slegs die derde span, ná Wes-Indië en Australië, wat dié trofee twee keer ingepalm het,[17] en die eerste span wat dit tuis kon vermag. Hulle het ook die T20I-wêreldbekertoernooi (in 2007) en die Kampioenetrofee (in 2013) onder kapteinskap van MS Dhoni ingepalm. Daarbenewens het hulle die Kampioenetrofee 2002 met Sri Lanka gedeel.

Onder die leierskap van Dhoni het die Indiese span as een van die gedugste spanne in internasionale krieket na vore getree.[18] Die Indiese krieketspan ding in kragmetings mee teen ander toetsspelende lande, veral met Pakistan, die politieke aartsvyand van Indië. Die afgelope tyd het tweestryde met lande soos Australië, Engeland en Suid-Afrika ook bekendheid verwerf. Agt voormalige Indiese spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

  1. (en) "India topple Sri Lanka to become No. 1 team in ICC T20 rankings". News 18. 2 April 2014. Besoek op 16 Februarie 2024.
  2. (en) "India ranked as No. 1 cricket team in ICC T20 rankings". Jagran Josh. 3 April 2014. Besoek op 16 Februarie 2024.
  3. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  4. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  10. (en) K. C. Vijaya Kumar (28 Mei 2019). "2019 Cricket World Cup | Team Analysis: Men in Blue have a rich vein of all-round talent". The Hindu. Besoek op 16 Februarie 2024.
  11. (en) Sanjjeev K. Samyal (23 Julie 2019). "Team India selection meet: Who will be out? Who will be in?". Hindustan Times. Besoek op 16 Februarie 2024.
  12. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 31 Julie 2023. Besoek op 16 Februarie 2024.
  13. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 6 November 2023. Besoek op 16 Februarie 2024.
  14. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 3 November 2023. Besoek op 16 Februarie 2024.
  15. (en) "A brief history of Indian domestic cricket". ESPNcricinfo. 6 Oktober 2006. Besoek op 16 Februarie 2024.
  16. (en) "India – Results Summary from 1932–1982". ESPNcricinfo – Statsguru. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2020. Besoek op 16 Februarie 2024.
  17. (en) Sam (2 April 2011). "India power past Sri Lanka to Cricket World Cup triumph". BBC. Besoek op 16 Februarie 2024.
  18. (en) "India number one team in the world". Times of India. 23 Februarie 2009. Besoek op 16 Februarie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne