Jacques Cartier

Jacques Cartier
Postuum portret van Jacques Cartier deur Théophile Hamel, ca. 1844. Daar is geen bekende outentieke portrette van Cartier nie.
Gebore31 Desember 1491
Sterf1 September 1557
NasionaliteitFrankryk
BeroepNavigator en ontdekkingsreisiger
Bekend virEerste Europese binnelandse reis in Noord-Amerika. Beweer Kanada vir Frankryk.
Handtekening

Jacques Cartier (Saint-Malo, Frankryk 31 Desember 14911 September 1557) was 'n Franse ontdekkingsreisiger van Kanada.

Die Koning van Frankryk, François I, het hom gekies om certaines îles et pays où l'on dit qu'il se doit trouver grande quantité d'or et autres riches choses te vind ("sekere eilande en lande waar daar skynbaar groot hoeveelhede goud en ander rykdom is"). In 1534 het hy vertrek op 'n vaart op soek na 'n westelike weg na Asië. Hy het sekere dele van wat nou bekend staan as Newfoundland bestudeer (vanaf 10 Mei van daardie jaar).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne