Joodse diaspora

Verspreiding van sinagoges in die klassieke verlede

Die Joodse diaspora (Oud-Grieks: διασπορά, verstrooiing, uitsaaiing) begin met die ondergang van die Koninkryk Juda in 586 v.C. Na die vernietiging van die eerste Tempel van Jerusalem ongeveer 587 v.C. deur die Babiloniërs vertrek 'n deel van die bevolking van Juda na Egipte; die grootste deel van die bevolking gaan in ballingskap na Babilon. In Babilon word die Judeërs in afgeslote nedersettings, waar hulle hul tradisies en godsdiens kon beoefen saamgetrek. Hierdie lewenswyse, as minderheid met 'n eie geloof en juridiese status, word as die Joodse diaspora beskryf.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne