Joseph Haydn

Joseph Haydn
Joseph Haydn in 1791
Agtergrondinligting
Gebore31 Maart 1732
Rohrau, Neder-Oostenryk, Oostenryk
Sterf31 Mei 1809
Wene, Keiserryk Oostenryk (tans Oostenryk)
GenresKlassiek
Beroep(e)Komponis

Joseph Haydn[1] (31 Maart[2] 173231 Mei 1809) was 'n Oostenrykse komponis. Hy is een van die bekendste komponiste van die klassieke tydperk en word dikwels die "vader van die simfonie" en die "vader van die strykkwartet" genoem.[3] Hy het verskeie briljante operas geskryf en het vele groot komponiste ná hom geïnspireer. Hy word saam met Wolfgang Amadeus Mozart en Ludwig van Beethoven as deel van die Eerste Weense Skool gereken.

Joseph Haydn is op 31 Maart 1732 in Rohrau, Oostenryk gebore. Hy bestee 'n groot deel van sy loopbaan as 'n hofmusikant vir die adellike Esterházy-familie op hul afgeleë landgoed. Dit het hom aanvanklik van ander invloede geïsoleer en hom, soos hy dit self gestel het, "gedwing om oorspronklik te wees". Hy is op 31 Mei 1809 op 77-jarige ouderdom in Wene oorlede. Ten tyde van sy dood was hy een van die mees gevierde komponiste in Europa.[4]

Haydn was die broer van Michael Haydn, self 'n hoogs aangeskrewe komponis, en Johann Evangelis Haydn, 'n tenoor. Hy was ook 'n vriend van Mozart en 'n onderwyser van Beethoven.

  1. Ook bekend as Franz Joseph Haydn.
  2. Onseker.
  3. Rosen 1997, pp. 43–54
  4. Smallman, Basil (1992). The Piano Trio: Its History, Technique, and Repertoire. Oxford University Press. pp. 16–19. ISBN 0-19-318307-2.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne