Kampioenetrofee 2002

Kampioenetrofee 2002
Datums 12 September – 30 September
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
Kampioen Vlag van Indië Indië
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka (1ste titel)
Naaswenner Geen
Deelnemers 12
Wedstryde gespeel 15
Meeste lopies Vlag van Indië Virender Sehwag (271)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Sri Lanka Muttiah Muralitharan (10)[2]
2000
2004

Die Kampioenetrofee 2002 (Engels: 2002 ICC Champions Trophy) is van 12 tot 30 September 2002 in Sri Lanka beslis. Dit was die derde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en ná die Asiatiese Bekertoernooie in 1986 en 1997 die derde vername kriekettoernooi geheel en al in Sri Lanka. Die land was voorheen een van die medegashere tydens die Krieketwêreldbeker 1996, saam met Indië en Pakistan.[3]

Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2002 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die assosiaatlede Kenia en Nederland. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het.[4] Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.[5][6]

Australië, Indië, Sri Lanka en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Suid-Afrika en Sri Lanka het Australië geklop, waardeur die twee Suid-Asiatiese spanne in die eindstryd ontmoet het. Nadat die eindstryd twee keer uitgereën het, het Indië en Sri Lanka die titel gedeel.[7] Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland is reeds in die groepfase uitgeskakel.

  1. (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2002/03 – Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  2. (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2002/03 – Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  3. (en) Raad van Krieket vir Sri Lanka (19 Maart 2002). "Sri Lanka to Host ICC Champions Trophy in September 2002". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  4. (en) "Pools". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  5. (en) Raad van Krieket vir Sri Lanka (29 Maart 2002). "ICC Champions Trophy Match Schedule". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  6. (en) Charlie Austin (1 Junie 2002). "ICC Champions Trophy: Blazing sunshine, blistering cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  7. (en) Charlie Austin (30 September 2002). "India and Sri Lanka share the spoils". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne