Kanadese Arktiese Argipel

Kanadese Arktiese Argipel
Inheemse naam: Canadian Arctic Archipelago / Archipel Arctique Canadien
Kaart van die Kanadese Arktiese Argipel
Kaart van die Kanadese Arktiese Argipel
Geografie
Ligging Noord-Kanada, Arktiese Oseaan
Koördinate 75°N 90°W / 75°N 90°W / 75; -90

Totale eilande 36 563
Hoofeilande Axel-Heiberg-eiland, Baffin-eiland, Banks-eiland, Bathurst-eiland, Bylot-eiland, Devon-eiland, Ellef-Ringnes-eiland, Ellesmere-eiland, Koning-William-eiland, Melville-eiland, Prins van Wallis-eiland, Prins-Charles-eiland, Prins-Patrick-eiland, Somerset-eiland, Southampton-eiland en Victoria-eiland
Oppervlakte 1 424 500 vk km

Administrasie
Vlag van Kanada Kanada
Gebiede Nunavut
Noordwestelike gebiede

Grootste stad Iqaluit (6 184)

Demografie
Bevolking 14 000

Bevolkingsgroepe Inuïete
tweede grootste argipel ter wêreld

Die Kanadese Arktiese Argipel (Engels: Canadian Arctic Archipelago; Frans: Archipel Arctique Canadien) is die noordelike eilandwêreld van Kanada. Dit is in die Arktiese Oseaan en wes van Groenland geleë. Die argipel het 'n oppervlakte van 1 424 500 km² en maak deel uit van die twee Kanadese gebiede Nunavut en die Noordwestelike gebiede. Dit word beskou as die wêreld se tweede grootste argipel ná die Maleise argipel en die grootste wat tot een enkele land behoort. In teenstelling met sy groot oppervlakte is dit min bevolk; net enkele eilande tel 'n aantal inwoners. Die eilande noord van die die Lancaster-sund en die Viscount-Melville-sund word as Koningin-Elizabeth-eilande saamgevat.

Die Kanadese Arktiese Argipel grens in die weste aan die Beaufortsee, in die noordweste aan die Arktiese Oseaan, in die ooste aan Groenland, Baffinbaai en Davis-straat, asook in die suide aan die Hudsonbaai en die Kanadese vasteland. Van Kanada se grootste eilande behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel. Vername Kanadese eilande buite die Kanadese Arktiese Argipel sluit in Anticosti, Haida Gwaii, Newfoundland, Vancouver-eiland en Kaap-Breton-eiland.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne